Jeremiah 24:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En soos die bose vye wat nie geëet kan word nie, so sleg is hulle; Voorwaar, so sê die HERE: So sal Ek vir Sedekía, die koning van Juda, en sy vorste en die oorblyfsel van Jerusalem gee wat in hierdie land oorgebly het en die bewoners van Egipteland.
Afrikaans (NLV) 2011 “Soos die slegte vye wat so sleg is dat niemand dit kan eet nie,” sê die Here, “só is koning Sedekia van Juda en sy leiers, die res van die mense van Jerusalem wat in die land agtergebly het en dié wat in Egipte woon. Ek behandel hulle soos vye wat te vrot is om te eet.
Afrikaans 1933/1953 En soos die slegte vye wat te sleg is om te eet -- waarlik, so sê die HERE -- so sal Ek Sedek¡a, die koning van Juda, maak en sy vorste en die oorblyfsel van Jerusalem wat in hierdie land oorgebly het en die wat in Egipteland woon;
Afrikaans 1983 Maar, so sê die Here, Ek sal koning Sedekia van Juda en sy amptenare en dié mense van Jerusalem wat oorgebly het, dié wat in hierdie land agterbly en dié wat in Egipte wil gaan woon, maak soos die slegte vye wat so sleg is dat 'n mens hulle nie kan eet nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘Maar soos die slegte vye wat nie meer geëet kan word nie omdat dit sleg is,’ ja, so sê die Here, ‘net so sal Ek maak met Sedekia, die koning van Juda, sy hoë amptenare en die res van Jerusalem, met hulle wat oorgebly het in hierdie land en hulle wat in Egipteland woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar soos die slegte vye wat 'n mens nie kan eet nie, so sal koning Sedekia van Juda vir My wees, hy en sy amptenare en die mense wat nog lewe hier in Jerusalem en in hierdie land, hulle en die mense wat in Egipte woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van die slegte vye sê die Here: “Koning Sedekia van Juda, sy leiers, die mense van Jerusalem wat in die land agtergebly het en ook nog die mense wat in Egipte bly, is soos hierdie vye. Ek sal met hulle maak soos met hierdie slegte vye wat ’n mens nie kan eet nie.