Jeremiah 24:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal hulle 'n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees; want hulle sal met hul hele hart na My terugkeer.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal hulle ’n ingesteldheid gee om My weer as die Here te ag. Hulle sal weer soos my eie mense wees en Ek sal hulle God wees. Hulle sal My weer heelhartig dien.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal hulle 'n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart.
Afrikaans 1983 Ek sal hulle die insig gee om My te ken. Ek is die Here! Hulle sal my volk wees, en Ek sal hulle God wees, want hulle sal heelhartig na My toe terugkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal aan hulle harte gee om My te ken, dat Ek die Here is. Hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees; want hulle sal na My terugkeer met hulle hele hart.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal hulle harte verander sodat hulle My kan ken, want Ek is die Here. Hulle sal my volk wees en Ek sal hulle God wees, want hulle sal na My toe terugkom met hulle hele hart.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal hulle weer mense maak wat sal erken dat Ek die Here is. Hulle sal weer soos my eie mense wees en Ek sal hulle God wees. Hulle sal My alleen dien en niemand anders nie.”