Jeremiah 24:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Ek sal my oog ten goede op hulle rig en hulle na hierdie land terugbring; en Ek sal hulle bou en hulle nie afbreek nie; en Ek sal hulle plant en hulle nie uitruk nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal ’n oog oor hulle hou en kyk dat dit met hulle goed gaan. Ek sal hulle weer na hierdie land toe laat terugkom. Ek sal hulle herstel en nie weer afbreek nie. Ek sal hulle nie ontwortel nie, maar hulle plant. |
| Afrikaans 1933/1953 | en Ek sal my oog op hulle slaan ten goede en hulle terugbring in hierdie land; en Ek sal hulle bou en nie afbreek nie, en hulle plant en nie uitruk nie. |
| Afrikaans 1983 | Vir hulle beswil sal Ek my oog oor hulle hou en Ek sal hulle na hierdie land toe terugbring. Ek sal hulle opbou, nie afbreek nie, Ek sal hulle plant, nie uitruk nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal my oog welwillend oor hulle hou en hulle laat terugkeer na hierdie land. Ek sal hulle bou en nie afbreek nie; Ek sal hulle plant en nie uitruk nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal hulle oppas en hulle sal aan My behoort. Ek sal hulle terugbring na hierdie land. Ek sal hulle bou, Ek sal hulle nie afbreek nie. Ek sal hulle plant, Ek sal hulle nie uittrek nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar Ek sal ’n ogie oor hulle hou en kyk dat dit met hulle goed gaan. Ek sal hulle weer na hulle land toe laat terugkom. Soos ’n mens ’n gebou opbou, so sal Ek met die mense maak wat terugkom uit Babel. Ek sal sorg dat dinge weer vir hulle begin regkom. Ek sal hulle nie weer afbreek nie. Dit sal wees asof Ek hulle ’n nuwe volk maak. Ek sal hulle nie laat ophou bestaan nie. |