Jeremiah 24:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE, die God van Israel; Soos hierdie goeie vye, so sal Ek die wat in ballingskap van Juda weggevoer is, erken, wat Ek uit hierdie plek na die land van die Chaldeërs gestuur het tot hulle beswil. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die Here, die God van Israel sê: Die goeie vye verteenwoordig die ballinge wat Ek uit Juda na die land van die Babiloniërs gestuur het. |
| Afrikaans 1933/1953 | So spreek die HERE, die God van Israel: Soos hierdie goeie vye, so sal Ek ten goede aansien die ballinge van Juda wat Ek uit hierdie plek na die land van die Chaldeërs weggestuur het; |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here die God van Israel: Ek beskou die ballinge van Juda wat Ek vir hulle beswil uit hierdie plek uit na Galdeërland toe gestuur het, as net so goed as hierdie goeie vye. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ So sê die Here, die God van Israel, ‘Soos met hierdie goeie vye, so sal Ek die ballinge van Juda wat Ek uit hierdie plek weggestuur het na die land van die Galdeërs, as goed beskou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Dit sê die Here, die God van Israel: Die mense van Juda sal vir My wees soos hierdie goeie vye. Ek het hulle van hierdie plek weggestuur toe die vyande hulle gevang en weggevat het na Galdeër-land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek is die Here, die God van Israel, en van hierdie mandjies sê Ek: Die goeie vye is soos die mense van Juda wat Ek uit hulle land laat wegvat het na die land van die Babiloniërs. Dit was vir hulle eie beswil dat Ek dit gedoen het. |