Jeremiah 24:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir my: Wat sien jy, Jeremia? En ek het gesê: Vye; die goeie vye, baie goed; en die bose, baie boos, wat nie geëet kan word nie, hulle is so boos. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het toe vir my gevra: “Wat sien jy, Jeremia?” Ek het geantwoord: “Ek sien vye. Sommige van die vye is baie goed terwyl ander so sleg is dat ’n mens dit nie kan eet nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het vir my gesê: Wat sien jy, Jeremia? En ek het geantwoord: Vye; die goeie vye is baie goed en die slegtes baie sleg, te sleg om te eet. |
| Afrikaans 1983 | Toe vra die Here vir my: Wat sien jy, Jeremia? en ek antwoord: “Vye. Die goeies is baie goed en die slegtes baie sleg, hulle is so sleg dat 'n mens hulle nie kan eet nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir my gevra: “Wat sien jy, Jeremia?” Ek het geantwoord: “Vye – die goeie vye is baie goed en die slegtes baie sleg; dit kan nie meer geëet word nie omdat dit sleg is.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir my gevra: “Jeremia, wat sien jy?” en ek het gesê: “Ek sien vye. Die goeie vye is baie goed en die slegte vye is baie sleg, so sleg dat 'n mens dit nie kan eet nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het toe vir my gevra: “Wat sien jy, Jeremia?” Ek het geantwoord: “Ek sien vye. Sommige van die vye is baie goed, terwyl ander so sleg is dat ’n mens dit nie kan eet nie.” |