Jeremiah 24:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal die swaard, die hongersnood en die pes onder hulle stuur totdat hulle verteer is uit die land wat Ek aan hulle en aan hulle vaders gegee het.
Afrikaans (NLV) 2011 “Ek sal sorg dat geweld, hongersnood en pes hulle tref. Dit sal aanhou totdat daar niemand oor is in die land wat Ek aan hulle en hulle voorouers gegee het nie.”
Afrikaans 1933/1953 en Ek sal onder hulle stuur die swaard, die hongersnood en die pes, totdat hulle omgekom het uit die land wat Ek aan hulle en hul vaders gegee het.
Afrikaans 1983 Ek sal oorlog, hongersnood en pes onder hulle loslaat totdat hulle uitgeroei is uit die land wat Ek aan hulle en hulle voorvaders gegee het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal die swaard, die hongersnood en pessiekte onder hulle instuur, totdat hulle volledig uitgeroei is, weg van die grond wat Ek aan hulle en hulle voorouers gegee het.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar voordat Sedekia en sy mense hier weggaan, sal Ek oorlog en honger en siektes stuur totdat daar nie meer mense is in die land wat Ek vir hulle en hulle voorvaders gegee het nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal vyande teen hulle laat oorlog maak. Maar Ek sal ook sorg dat daar nie kos is om te eet nie. Verder sal siekte-epidemies onder hulle uitbreek. Dit sal aanhou totdat daar niemand in die land Israel oor is wat Ek aan hulle en hulle voorouers gegee het nie.”