Jeremiah 24:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE het my gewys, en kyk, daar staan twee mandjies vye voor die tempel van die HERE, nadat Nebukadrésar, die koning van Babel, Jekonja, die seun van Jojakim, die koning van Juda, en die vorste van Juda, saam met die skrynwerkers in ballingskap weggevoer het en smede uit Jerusalem en het hulle na Babel gebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Jojagin van Juda was die seun van Jojakim. Koning Nebukadnesar van Babel het hom in ballingskap weggevoer. Hy het saam met Jojagin ook die leiers van Juda, die ambagsmense en ander opgeleide persone uit Jerusalem na Babel toe gebring. Nadat dit gebeur het, het die Here my ’n visioen laat sien van twee mandjies met vye wat voor die tempel van die Here staan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die HERE het my laat sien, en daar was twee mandjies met vye, reggesit voor die tempel van die HERE -- nadat Nebukadr,sar, die koning van Babel, Jegonja, die seun van Jojakim, die koning van Juda, en die vorste van Juda en die smede en die slotmakers uit Jerusalem in ballingskap weggevoer en hulle in Babel gebring het. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het my twee mandjies vye laat sien voor die tempel. Dit was bestem vir die tempel van die Here. Ek het die gesig gesien nadat koning Nebukadnesar van Babel vir koning Jojagin van Juda, seun van Jojakim, saam met die amptenare van Juda en die ambagsmanne en die bouers uit Jerusalem uit in ballingskap weggevoer het en hulle in Babel gebring het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het my laat sien: Kyk, daar is twee mandjies met vye neergesit voor die •tempel van die Here. Dit was nadat Nebukadresar, die koning van Babilonië, Jegonja, seun van Jojakim, die koning van Juda, die •hoë amptenare van Juda, die ambagsmanne en metaalwerkers uit Jerusalem in ballingskap weggevoer en hulle na Babel geneem het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir my iets gewys. Daar was twee mandjies vye voor die tempel. Mense het die vye na die tempel gebring. Dit was nadat koning Nebukadnesar van Babel vir koning Jojagin van Juda saam met die amptenare en die ambagsmanne weggevat het uit Jerusalem na Babel. Koning Jojagin was die seun van Jojakim. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Koning Jojagin van Juda was die seun van Jojakim. Koning Nebukadnesar van Babel het hom uit sy land uit weggevat Babel toe. Saam met Jojagin is ook die leiers van Juda, ambagsmense en ander opgeleide mense na Babel toe weggevat. Nadat dit gebeur het, het die Here vir my ’n droom laat sien van twee mandjies met vye wat voor die tempel van die Here staan. |