Jeremiah 23:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My hart is in my binneste gebreek vanweë die profete; al my gebeente bewe; Ek is soos 'n dronk man en soos 'n man wat wyn oorwin het ter wille van die HERE en ter wille van die woorde van sy heiligheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My hart is stukkend oor al die vals profete en ek bewe so groot as wat ek is. Ek slinger rond soos ’n mens wat dronk is van te veel wyn oor die heilige woorde van die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wat die profete betref -- my hart is gebreek in my binneste, my hele gebeente sidder; ek is soos 'n dronk man en soos 'n man wat deur die wyn oorweldig is, vanweë die HERE en sy heilige woorde. |
| Afrikaans 1983 | Teen die profete: My hart is stukkend geslaan, my hele liggaam bewe. Ek is soos 'n dronk mens, soos iemand wat deur drank oorweldig is. Ek het so geword deur die Here, deur sy heilige woorde. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Oor die profete. My hart is gebreek in my binneste; my hele gebeente bewe. Ek het geword soos iemand wat dronk is, soos 'n man wat deur wyn oorweldig is – en dit vanweë die Here, vanweë sy heilige woorde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nou praat ek, Jeremia, oor die profete. My hart voel stukkend, my hele liggaam bewe. As ek dink aan die Here, aan wat Hy sê, dan word ek dronk, so dronk soos 'n man wat te veel gedrink het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My hart is stukkend oor die vals profete. Die Here se woorde is heeltemal anders as gewone mense s’n. Wat Hy oor hierdie boodskappers te sê het, laat my bewe so groot as wat ek is. Ek slinger rond soos ’n mens wat dronk is van te veel wyn. |