Jeremiah 23:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar so waar as die HERE leef, wat die nageslag van die huis van Israel laat optrek het uit die noordelike land en uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het; en hulle sal in hul eie land woon.
Afrikaans (NLV) 2011 In plaas daarvan sal hulle sê: ‘So waar as wat die Here lewe wat die mense van Israel na hulle eie land toe teruggebring het uit die land in die noorde en al die lande waar hulle in ballingskap was.’ Dan sal hulle weer in hulle eie land lewe.”
Afrikaans 1933/1953 maar: So waar as die HERE leef wat die geslag van die huis van Israel laat optrek en laat kom het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het. En hulle sal woon in hulle land.
Afrikaans 1983 maar hulle sal sê: “So seker as die Here leef wat die nageslag van Israel met sorg teruggebring het uit die land in die noorde en uit al die lande waarheen Hy hulle verstrooi het.” Dan sal hulle weer in hulle eie land woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) maar, ‘So waar as die Here leef, wat die nageslag van die huis van Israel laat optrek en gebring het uit 'n land in die noorde, en uit al die lande waarheen Hy hulle verdryf het.’ En hulle sal weer op hulle grond woon.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle sal sê: ‘So seker soos die Here lewe, die Here wat die nageslag van die volk Israel gebring het uit die land in die noorde.’ Hulle sal terugkom na hulle eie land, hulle sal kom uit al die lande waarnatoe Ek hulle laat gaan het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In plaas daarvan sal hulle sê: ‘So waar as die Here lewe wat die mense van Israel na hulle eie land toe teruggebring het uit die land in die noorde en al die lande waarheen hulle weggevat was.’ Dan sal hulle in hulle eie land voortgaan met hulle lewe.”