Jeremiah 23:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat hulle nie meer sal sê: So waar as die HERE leef, wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê verder: “Mense lê gewoonlik ’n eed af en sê: ‘So waar as die Here, wat die mense van Israel uit Egipte bevry het, leef.’ Maar ’n tyd kom dat dit nie meer sal gebeur nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat hulle nie meer sal sê: So waar as die HERE leef wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie, |
| Afrikaans 1983 | Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat die mense nie meer sal sê: “So seker as die Here leef wat vir Israel uit Egipte laat trek het nie”, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Daarom, kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van die Here, “wanneer hulle nie meer sal sê, ‘So waar as die Here leef, wat die Israeliete uit Egipteland laat optrek het nie,’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Daarom sê Ek: Die mense het altyd gesê: ‘So seker soos die Here lewe, die Here wat die Israeliete uit Egipte gebring het.’ Maar later sal hulle dit nie meer sê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê verder: “Mense sweer gewoonlik ’n eed en sê: ‘So waar as wat die Here lewe wat die mense van Israel uit Egipte laat kom het.’ Maar daar sal ’n tyd kom dat dit nie meer gebeur nie. |