Jeremiah 23:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid 'n regverdige Spruit sal verwek, en 'n Koning sal regeer en voorspoedig wees, en Hy sal reg en geregtigheid op die aarde doen.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê verder: “Daar sal ’n tyd kom wanneer Ek weer ’n wettige afstammeling uit Dawid se familie koning sal maak. Hy sal ’n verstandige koning wees. Hy sal sorg dat reg geskied en almal in die land regverdige behandeling ontvang.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid 'n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land.
Afrikaans 1983 Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek vir Dawid 'n regverdige spruit sal laat opskiet, 'n koning wat verstandig sal regeer. Hy sal die reg eerbiedig en regverdig regeer in sy land.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van die Here, “wanneer Ek vir Dawid 'n regverdige loot sal laat opkom. Hy sal as koning regeer en verstandig optree; hy sal in die land reg en geregtigheid handhaaf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Julle moet dit weet, Ek sal eendag iemand kies en aanstel wat die regte koning sal wees van die nageslag van Dawid. Hy sal 'n wyse koning wees wat reg sal regeer en reg sal doen aan almal in die land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê verder: “Daar kom ’n tyd wanneer Ek weer ’n koning wat regtig deel is van Dawid se familie koning sal maak. Hy sal ’n verstandige koning wees. Hy sal sorg dat almal in die land regverdig behandel word. Hy sal ook doen wat reg is.