Jeremiah 23:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, kyk, Ek sal jou heeltemal vergeet, en Ek sal jou verlaat en die stad wat Ek jou en jou vaders gegee het, en Ek sal jou voor my aangesig verdryf.
Afrikaans (NLV) 2011 Omdat julle dit doen, sal Ek heeltemal van julle vergeet. Ek sal My glad nie meer aan julle steur nie. Dit geld ook hierdie stad wat Ek vir julle en julle voorouers gegee het.
Afrikaans 1933/1953 daarom, kyk, Ek sal julle sekerlik ophef en julle, saam met die stad wat Ek aan julle en julle vaders gegee het, van my aangesig af wegwerp;
Afrikaans 1983 Daarom sal Ek julle heeltemal vergeet, Ek sal My nie meer aan julle steur nie, en ook nie aan die stad wat Ek aan julle en julle voorvaders gegee het nie. Ek wil julle nie meer sien nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) daarom – kyk, Ek, Ek gaan julle beslis vergeet. Ek gaan julle en die stad wat Ek aan julle en julle voorouers gegee het, prysgee – weg uit my teenwoordigheid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom sal Ek julle heeltemal vergeet. Ek wil nie meer met julle praat nie, Ek sal die stad los wat Ek vir julle en julle voorvaders gegee het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Omdat julle dit doen, sal Ek heeltemal van julle vergeet. Ek sal My glad nie meer aan julle steur nie. Dit geld ook vir hierdie stad wat Ek vir julle en ook julle voorouers gegee het.