Jeremiah 23:36 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die las van die HERE mag julle nie meer noem nie, want elkeen se woord sal sy las wees; want julle het die woorde van die lewende God, van die HERE van die leërskare, onse God, verdraai.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie langer sê: ‘’n Ernstige boodskap van die Here’ nie. Julle gebruik dit om gesag aan julle eie idees te gee. Wat julle eintlik doen, is om die boodskap van ons God, die Here, die Almagtige, te verdraai.
Afrikaans 1933/1953 Maar van: die HERE het gelas -- mag julle nie meer melding maak nie; want vir elkeen sal sy eie woord die las wees: dat julle verdraai die woorde van die lewende God, van die HERE van die leërskare, onse God.
Afrikaans 1983 Julle moenie meer verwys na die uitspraak van die Here nie, want elkeen maak sy eie woorde tot uitspraak van die Here. So verdraai julle die woorde van ons God, die Here die Almagtige, die lewende God.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar van ‘godspraak van die Here ’ mag julle nie weer melding maak nie. Want vir elkeen word sy eie woord die godspraak. Julle verdraai die woorde van die lewende God, die Here, Heerser oor alle magte, ons God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar julle moet nooit weer sê julle weet wat Ek gesê het nie, want net iemand wat sê wat Ek sê, mag so praat.” Maar julle verander die woorde van die God wat lewe, ons God die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie langer ewe formeel sê: ‘’n Boodskap van die Here’ nie. Julle gebruik dit om gewig aan julle eie idees te gee. Wat julle eintlik doen, is om die boodskap van die Here, ons God, wat sterker as alles en almal is, te verdraai.