Jeremiah 23:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wat die profeet en die priester en die volk betref wat sê: Die las van die HERE, Ek sal selfs oor daardie man en sy huis besoeking doen.
Afrikaans (NLV) 2011 As enige profeet, priester of enigiemand anders sê: ‘Ek het ’n ernstige boodskap van die Here vir julle,’ sal Ek daardie persoon en sy hele gesin straf.
Afrikaans 1933/1953 En wat betref die profeet of die priester of die volk wat sê: Die HERE het gelas -- oor die man en oor sy huis sal Ek besoeking doen.
Afrikaans 1983 Die profeet of die priester of die volk wat sê: “Die uitspraak van die Here,” moet weet Ek sal hom en sy familie straf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En die profeet of priester of die volk wat sê, ‘godspraak van die Here! ’ – Ek sal van daardie man en sy huis rekenskap eis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal die profeet en die priester en die volk straf wat sê hy weet wat Ek gesê het. Ek sal die persoon straf wat dit sê, Ek sal ook sy familie straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As enige profeet, priester of enigiemand anders sê: ‘Ek het ’n boodskap van die Here vir julle. Dit is ’n boodskap dat Hy julle gaan straf,’ sal Ek die spesifieke mens en sy hele gesin straf.