Jeremiah 23:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wanneer hierdie volk of die profeet of 'n priester jou vra en sê: Wat is die las van die HERE? dan moet jy vir hulle sê: Watter las? Ek sal jou selfs verlaat, spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het vir my gesê: “As iemand van hierdie volk of een van die profete of van die priesters vir jou sou vra: ‘Wat is die boodskap waarmee die Here jou belas het?’ moet jy antwoord: ‘Julle is die las waarmee Hy my opsaal. Hy wil niks meer met julle te doen hê nie!’ sê die Here.
Afrikaans 1933/1953 As hierdie volk of profeet of priester jou dan vra en sê: Wat het die HERE gelas? -- dan moet jy vir hulle sê: Julle is die las. En Ek sal julle afwerp, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Jeremia, wanneer die volk of 'n profeet of 'n priester vir jou vra: “Wat is die uitspraak van die Here?” moet jy vir hulle vra: “Wat is die uitspraak?” Die Here sê: Ek steur My nie meer aan julle nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “As hierdie volk of 'n profeet of priester vir jou vra, ‘Wat is die godspraak van die Here?’ moet jy vir hulle sê, ‘Watter godspraak? Ek gee julle prys – dit is die uitspraak van die Here. ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Wanneer hierdie volk of 'n profeet of 'n priester vir jou vra: ‘Wat het die Here gesê?’ dan moet jy vir hulle sê: ‘Hoekom vra julle wat die Here gesê het? Die Here wil nie meer met julle praat nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het vir my gesê: “Jeremia, as een van die mense of een van die profete of van die priesters vir jou vra: ‘Wat is die las van ’n boodskap waarmee die Here jou opgesaal het?’ dan moet jy antwoord: ‘Julle is die las waarmee Hy my opsaal. Die Here sê Hy wil niks meer met julle te doen hê nie!’