Jeremiah 23:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, Ek is teen die wat valse drome profeteer, spreek die HERE, en hulle vertel en my volk laat dwaal deur hul leuens en deur hul ligsinnigheid; maar Ek het hulle nie gestuur en hulle nie beveel nie; daarom sal hulle hierdie volk geensins baat nie, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek is gekant teen hierdie profete wie se drome niks anders is as hulle verbeelding nie. Dit is ’n spul leuens wat my mense laat afdwaal. Ek het hulle nie gestuur of aan hulle ’n opdrag gegee nie. Wat hulle sê, hou geen voordeel vir my mense in nie,” sê die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek die HERE, en dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Kyk, sê die Here, Ek is teen dié profete wat drome wat nie plaasgevind het nie, as openbaring oorvertel, want hulle lei my volk op 'n dwaalspoor met hulle leuens en hulle praatjies. Ek het nie hierdie profete gestuur nie, Ek het hulle ook nie beveel om as profete op te tree nie. Hulle help my volk hoegenaamd nie, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is Ek teen hulle wat vals drome as profesieë voorhou,” is die uitspraak van die Here, “dit oorvertel, en my volk laat afdwaal met hulle leuens en roekeloosheid. Dit is nie Ek wat hulle gestuur en hulle die opdrag gegee het nie. Hulle hou hoegenaamd geen voordeel in vir hierdie volk nie,” is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek is teen die mense wat sê Ek het hulle gestuur, en dan vertel hulle drome wat nie waar is nie. Hulle vertel drome en hulle bedrieg my volk. Hulle lieg, en dit maak nie vir hulle saak wat gebeur nie. Ek het hulle nie gestuur nie, Ek het nie gesê wat hulle moet sê nie. Hulle help nie hierdie volk wanneer hulle dit sê nie. Dit is seker.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie profete se drome is niks anders as hulle verbeelding nie. Dit is ’n spul leuens wat my mense op die verkeerde pad lei. Ek het hulle nie gestuur nie en Ek het niks vir hulle gesê om vir julle te sê nie. Wat hulle sê, help my mense net mooi niks,” sê die Here. |