Jeremiah 23:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal die oorblyfsel van my skape bymekaarmaak uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het, en Ek sal hulle terugbring na hulle krale; en hulle sal vrugbaar wees en vermeerder. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar is van my mense wat oorleef het in die lande waarheen Ek hulle verdryf het. Ek sal hulle almal bymekaarmaak en hulle na hulle eie land toe terugbring. Hulle sal baie kinders hê en weer groei in getalle. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek self sal die oorblyfsel van my skape versamel uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het; en Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld, en hulle sal vrugbaar wees en vermenigvuldig. |
| Afrikaans 1983 | Maar Ek sal self dié van my kudde wat oorgebly het, gaan bymekaarmaak in al die lande waarheen Ek hulle verstrooi het. Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld toe waar hulle vrugbaar sal wees en baie sal word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Maar Ek self sal dié wat oor is van my kleinvee bymekaarmaak uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het, en Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld. Dan sal hulle vrugbaar wees en vermeerder. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het my skape na ander lande laat gaan, maar Ek sal self my skape wat nog lewe, bymekaarmaak uit daardie lande. Ek sal hulle terugbring na hulle eie veld waar hulle gewei het. Hulle sal vrugbaar wees en baie word. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is van my mense wat sal oorleef in die lande waarheen Ek hulle verdryf het. Ek sal hulle almal bymekaarmaak,” sê die Here. “Ek sal hulle terugbring na hulle eie land waar hulle gebly het. Hulle sal baie kinders hê en weer baie meer mense word. |