Jeremiah 23:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | wat dink om my volk my naam te laat vergeet deur hulle drome wat hulle elkeen aan sy naaste vertel, soos hulle vaders my naam vir Baäl vergeet het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hierdie mense vertel vir mekaar van hulle drome. So probeer hulle om my mense van My te laat vergeet. Hulle voorouers het My destyds net so vergeet toe hulle Baäl begin aanbid het. |
| Afrikaans 1933/1953 | is hulle daarop bedag om my volk my Naam te laat vergeet deur hulle drome wat hulle die een aan die ander vertel, soos hulle vaders my Naam vergeet het deur Baäl? |
| Afrikaans 1983 | Hulle dink hulle sal my volk my Naam laat vergeet met die drome wat hulle vir mekaar vertel, net soos hulle voorvaders my Naam deur die Baäl vergeet het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | hulle wat daarop uit is om my volk my Naam te laat vergeet met hulle drome wat hulle vir mekaar vertel, net soos hulle voorouers my Naam vergeet het deur Baäl? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle vertel vir mekaar wat hulle gedroom het, hulle wil my volk laat vergeet wie Ek is. Hulle is soos hulle voorvaders wat vir Baäl gedien het en vergeet het wie Ek is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie profete vertel vir mekaar hierdie vals drome. Hulle probeer so om my mense van My te laat vergeet. Hulle voorouers het destyds van My vergeet toe hulle Baäl begin dien het. |