Jeremiah 23:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hoe lank sal dit in die hart wees van die profete wat leuens profeteer? ja, hulle is profete van die bedrog van hulle eie hart;
Afrikaans (NLV) 2011 “Hoe lank nog sal profete voortgaan om mense te bedrieg? Die onwaarhede wat hulle kwytraak, het hulle self uitgedink.
Afrikaans 1933/1953 Hoe lank nog? Is dit in die hart van die profete wat leuens profeteer en profete is van die bedrieëry van hulle hart --
Afrikaans 1983 Hoe lank sal die profete wat sonder opdrag optree, die profete wat leuens uitdink om te verkondig, nog aanhou hiermee?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hoe lank sal dit voortbestaan in die harte van die profete wat leuens profeteer, wat die misleiding van hulle eie harte profeteer,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hoe lank sal daar nog profete wees wat lieg en wat self dinge uitdink, mense wat die volk bedrieg en sê Ek het hulle gestuur?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoe lank sal daar nog van hierdie profete wees wat mense bedrieg? Die goed wat hulle kwytraak, het hulle sommer self uitgedink.