Jeremiah 23:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het gehoor wat die profete sê, wat leuens profeteer in my Naam en sê: Ek het gedroom, ek het gedroom. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ek het gehoor wat die profete sê: ‘Ek het gedroom, ek het gedroom.’ Dan profeteer hulle leuens en sê Ék het vir hulle die boodskap gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het gehoor wat die profete sê, wat in my Naam vals profeteer met die woorde: Ek het gedroom, ek het gedroom! |
| Afrikaans 1983 | Ek het gehoor wat sê die profete wat sonder opdrag in my Naam as profete optree. Hulle sê: “Ek het 'n droom gehad, ek het 'n droom gehad!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Ek het gehoor wat die profete sê, hulle wat in my Naam leuens profeteer deur te sê, ‘Ek het gedroom, ek het gedroom!’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Daar is profete wat lieg en wat sê Ek het hulle gestuur. Ek het gehoor wat hulle sê. Hulle sê hulle het gedroom en hulle vertel wat hulle gedroom het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek het gehoor wat hierdie profete sê: ‘Kom ek vertel vir julle die droom wat die Here vir my in die nag gegee het.’ Dan vertel hulle leuens en is hulle so vermetel om te sê Ek het vir hulle die boodskap gegee. |