Jeremiah 23:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kan iemand hom in skuilplekke wegsteek dat ek hom nie sal sien nie? spreek die HERE. Vul ek nie hemel en aarde nie? spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dink enigiemand hulle kan vir My wegkruip en Ek sal hulle nie sien nie? Is Ek nie oral, in die hemel en op die aarde nie?” vra die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die HERE. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Niemand kan in 'n geheime plek wegkruip sonder dat Ek hom sien nie, sê die Here. Ek is oral in die hemel en op die aarde, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Of kan iemand in geheime plekke wegkruip, en Ek hom nie sien nie? ” is die uitspraak van die Here. “Vul Ek nie die hemel en die aarde nie?” is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Niemand kan wegkruip waar Ek hom nie sien nie. Julle moet dit weet: Ek is oral in die hemel en op die aarde.” Dit het die Here gesê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dink enigiemand hulle kan vir My wegkruip en Ek sal hulle nie sien nie? Is Ek nie oral in die hemel en op die aarde nie?” vra die Here. |