Jeremiah 23:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as hulle in my raad gestaan het en my volk my woorde laat hoor het, dan sou hulle hulle bekeer het van hul verkeerde weg en van die boosheid van hul handelinge. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As hulle na My geluister het, sou hulle my boodskap gehoor het om oor te dra. En my volk sou opgehou het om al die verkeerde dinge te doen waarmee hulle besig is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as hulle in my raad gestaan het, moet hulle my volk my woorde laat hoor en hulle terugbring van hul verkeerde weg en van die boosheid van hul handelinge. |
| Afrikaans 1983 | As hulle in my raadskamer gestaan het, sou hulle my woorde aan my volk meegedeel het en my volk van hulle verkeerde koers af laat wegdraai het, van hulle sondige dade af. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As hulle in my vertroulike vergadering gestaan het, sou hulle my volk my woorde laat hoor en hulle laat omdraai het van hulle bose pad en van hulle bose dade. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As hulle daar was toe Ek dit besluit het, dan moet hulle vir my volk sê wat Ek gesê het. Hulle moet my volk laat terugkom van die verkeerde pad, hulle moet my volk laat ophou om slegte dinge te doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hulle werklik in my binnekring was en geluister het na wat Ek sê, sou hulle my boodskap gekry het om oor te dra. Dan sou my volk opgehou het om al die verkeerde dinge te doen waarmee hulle besig is. |