Jeremiah 23:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE, die God van Israel, oor die herders wat my volk oppas; Julle het my skape verstrooi en hulle verdryf en hulle nie besoek nie; kyk, Ek besoek julle die boosheid van julle handelinge, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omdat dit so is, sê die Here, die God van Israel, vir hierdie leiers: “Julle het my mense soos skape uitmekaar laat spat. Julle was veronderstel om na hulle om te sien, maar julle het hulle weggedryf. Daarom sal Ek julle straf vir al die kwaad wat julle gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, so sê die HERE, die God van Israel, aangaande die herders wat my volk oppas: Julle het my skape verstrooi en hulle verdrywe en hulle nie opgesoek nie. Kyk, Ek besoek oor julle die boosheid van julle handelinge, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Daarom, so sê die Here die God van Israel oor die herders wat my volk moet versorg: Julle het my skape uitmekaargejaag en verstrooi, julle het hulle nie opgepas nie, en daarom gaan Ek julle straf vir al die verkeerde dade wat julle gedoen het, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Daarom, so sê Ek, die Here, die God van Israel, oor die herders wat my volk moet laat wei, ‘Dit is julle wat my kleinvee uitmekaar gejaag en verdryf het. Julle het nie vir hulle verantwoordelikheid aanvaar nie. Kyk, Ek gaan julle tot verantwoording roep oor julle bose dade,’ ” is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sê Ek oor die herders wat regeer oor my volk, Ek, die Here, die God van Israel sê: Julle het my skape na al die kante toe gejaag, julle het hulle nie opgepas nie. Ek sal julle nou straf oor die slegte dinge wat julle gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here, wat die God van Israel is, sê vir hierdie leiers wat na die volk moet kyk: Julle het my mense soos skape uitmekaar laat gaan. Julle was onverantwoordelik. Julle het hulle nie opgepas nie. Daarom sal Ek julle straf vir al die skade wat julle hulle aangedoen het. |