Jeremiah 23:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, 'n warrelwind van die HERE gaan uit in grimmigheid, 'n hewige warrelwind; dit sal swaar op die hoof van die goddelose val. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Kyk, die woede van die Here bars los soos ’n storm. Dit is soos ’n warrelwind wat ronddraai om die koppe van die kwaaddoeners. |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, 'n storm van die HERE, grimmigheid het uitgegaan, ja, 'n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los. |
| Afrikaans 1983 | Kyk, die gramskap van die Here laat 'n stormwind waai, 'n orkaan sal op die goddeloses afkom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar kom die Here se stormwind! Woede het losgebreek – 'n werwelstorm! Dit kolk bo die koppe van goddeloses. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet dit weet: Die Here sal 'n stormwind stuur, daar sal 'n wind kom wat alles verwoes, en dit sal waai oor die mense wat verkeerd doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kyk, die woede van die Here het losgebars soos ’n storm. Sy straf sal hulle tref soos ’n warrelwind wat hulle rondruk. |