Jeremiah 23:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want wie het in die raad van die HERE gestaan en sy woord gewaar en gehoor? wie het sy woord opgemerk en dit gehoor? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wie van hulle was al in die vergadering van die Here dat hulle gesien het wat Hy doen of gehoor het wat Hy sê? Was daar enigeen van hulle wat regtig wou luister? |
| Afrikaans 1933/1953 | Want wie het in die raad van die HERE gestaan, dat hy sy woord sou sien en hoor? Wie het sy woord beluister en gehoor? |
| Afrikaans 1983 | Wie het in die raadskamer van die Here gestaan? Wie het alles gesien? Wie het gehoor wat Hy sê? Ja, wie het na sy woord geluister, wie het dit gehoor? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar wie het gestaan in die vertroulike vergadering van die Here? Wie het sy woord beleef en gehoor? Wie het aandagtig geluister na sy woord en dit gehoor? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar wie was daar toe die Here dit besluit het? Wie van hulle het gesien en gehoor wat Hy sê? Wie het geluister na wat Hy sê en dit gedoen? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie van hierdie profete was al so deel van die binnekring van die Here dat hulle gesien het wat Hy doen of gehoor het wat Hy sê? Was daar enigeen van hulle wat regtig wou luister na wat Hy sê? |