Jeremiah 23:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle sê nog steeds vir die wat My verag: Die HERE het gesê: Vrede sal julle hê; en hulle sê vir elkeen wat wandel volgens die verbeelding van sy eie hart: Geen onheil sal oor julle kom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle hou aan om vir die mense wat my woord verag, te sê: ‘Die Here sê julle sal vrede hê!’ Vir die hardkoppiges wat net doen wat hulle wil, sê hulle: ‘Niks slegs sal met julle gebeur nie!’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle sê gedurig aan my veragters: Die HERE het gespreek: Julle sal vrede hê; en aan elkeen wat wandel in die verharding van sy hart, sê hulle: Geen onheil sal oor julle kom nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle hou aan om vir dié wat My minag, te sê: “Die Here sê daar sal vrede vir julle wees.” Vir dié wat hardkoppig is, sê hulle: “Daar sal nie 'n ramp oor julle kom nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle hou aan sê vir dié wat My verag, ‘Die Here het gesê: Vrede sal daar vir julle wees!’ En vir elkeen wat die verstoktheid van sy hart volg, vir dié sê hulle, ‘Onheil sal julle nie tref nie!’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle hou aan om te sê: ‘Die Here sê dit sal goed gaan met julle.’ Hulle sê dit vir die mense wat dink dat Ek nie belangrik is nie. En hulle sê vir elkeen wat hardkoppig is en wat lewe soos hy self besluit: ‘Dit sal nie sleg gaan met jou nie.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle hou aan om die mense wat minder as niks dink van wat Ek sê, gerus te stel. Hulle sê: ‘Die Here sê julle sal rus en vrede hê!’ En vir die mense wat hardkoppig is en net doen wat hulle wil, sê hulle: ‘Niks slegs sal met julle gebeur nie!’” |