Jeremiah 23:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE van die leërskare: Luister nie na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie; hulle maak julle ydel; hulle spreek 'n gesig uit hul eie hart en nie uit die mond van die HERE nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here, die Almagtige, sê: “Moenie luister na hierdie profete nie. Hulle boodskappe skep vals hoop by julle. Die visioene wat hulle oordra, kom nie van die Here af nie. Dit kom van hulleself af! |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE van die leërskare: Luister nie na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie; hulle vervul julle met ydele verwagtinge; gesigte uit hul eie hart verkondig hulle, nie uit die mond van die HERE nie. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here die Almagtige: Julle moenie luister na wat die profete sê nie, die profete wat vir julle as profete optree. Hulle wek vals verwagtings by julle, hulle praat oor visioene wat hulle self uitdink, nie oor wat die Here sê nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Moenie luister na die woorde van die profete, wat hulle vir julle profeteer nie; hulle gee julle vals hoop. Visioene uit hulle eie hart verkondig hulle – uit die mond van die Here kom dit nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, sê: “Julle moenie doen wat die profete vir julle sê nie. Hulle laat julle glo in wind, in dinge wat niks beteken nie. Hulle sê Ek het vir hulle gewys wat sal gebeur, maar hulle vertel hulle eie stories, hulle het dit nie by My gehoor nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle moenie na hierdie profete luister nie. Die boodskappe wat hulle vir julle bring, laat julle dinge hoop wat nie gaan gebeur nie. Die goed wat hulle kastig sien, is droombeelde wat hulle self uitgedink het. Die goed wat hulle praat, kom nie van My af nie. |