Jeremiah 23:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom, so sê die HERE van die leërskare aangaande die profete; Kyk, Ek voed hulle met als en laat hulle galwater drink; want van die profete van Jerusalem het goddeloosheid uitgegaan in die hele land.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom sê die Here, die Almagtige, oor die profete: “Ek sal hulle bitterheid gee om te eet en gif om te drink. Want dit is die profete van Jerusalem se skuld dat al die mense van die land so afvallig leef.”
Afrikaans 1933/1953 Daarom, so sê die HERE van die leërskare aangaande die profete: Kyk, Ek laat hulle wilde-als eet en laat hulle gifwater drink; want van die profete van Jerusalem het goddeloosheid in die hele land uitgegaan.
Afrikaans 1983 Daarom, so sê die Here die Almagtige oor die profete: Ek sal hulle galbitter kos laat eet en gifwater laat drink, want van Jerusalem se profete af het godloosheid deur die hele land versprei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom, so sê die Here, Heerser oor alle magte, oor die profete: “Kyk, Ek laat hulle wildeals eet, en laat hulle giftige water drink; want van die profete van Jerusalem af het goddeloosheid uitgegaan na die hele land.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here wat oor alles regeer, sê oor die profete: “Omdat hulle dit doen, sal Ek hulle wilde-als laat eet en Ek sal hulle water laat drink wat giftig is. Ek sal dit doen omdat die profete van Jerusalem die hele land ontwy het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here is sterker as alles en almal. Hy sê die volgende oor hierdie profete: “Ek sal vir hulle bitter goed gee om te eet en gif om te drink. Dit is die profete van Jerusalem se skuld dat al die mense van die land leef asof Ek nie bestaan nie.