Jeremiah 23:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het ook by die profete van Jerusalem iets afgrysliks gesien: hulle pleeg egbreuk en wandel in leuens; hulle versterk ook die hande van kwaaddoeners, sodat niemand van sy boosheid terugkom nie; hulle is vir My almal soos Sodom en die inwoners daarvan soos Gomorra. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar nou sien Ek dat die profete van Jerusalem nog erger dinge doen. Hulle is ontrou en leef vals. Mense wat verkeerd doen, moedig hulle aan om daarmee aan te hou. ’n Mens sou eerder verwag dat hulle mense sou aanmoedig om op te hou om verkeerd te doen. Hulle is niks beter as die mense van Sodom en Gomorra nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | maar by die profete van Jerusalem het Ek gesien wat afskuwelik is: hulle bedryf owerspel en gaan om met leuens, en hulle versterk die hande van die kwaaddoeners, sodat hulle hul nie bekeer elkeen van sy boosheid nie. Hulle het almal vir My geword soos Sodom, en sy inwoners soos Gomorra. |
| Afrikaans 1983 | Ek het iets afskuweliks onder Jerusalem se profete gesien: hulle hoereer, hulle lieg en bedrieg, hulle help dié wat verkeerd doen, met die gevolg dat niemand hom van sy verkeerde dade bekeer nie. Hulle het almal vir My soos Sodom geword, Jerusalem se inwoners het soos Gomorra geword. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar by die profete van Jerusalem het Ek iets afskuweliks gesien: Hulle pleeg egbreuk en leef 'n leuen; hulle sterk die hande van boosdoeners, sodat niemand wegdraai van sy boosheid nie. Hulle almal het vir My geword soos Sodom, en die inwoners soos Gomorra.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Ek het gesien die profete van Jerusalem doen nog slegter dinge, hulle doen dinge wat Ek haat. Hulle pleeg egbreuk en hulle bedrieg mense en hulle help mense wat verkeerd doen. Daarom hou niemand op om verkeerd te doen nie. Jerusalem en sy mense het vir My geword soos Sodom en Gomorra.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar nou sien Ek dat die profete van Jerusalem nog erger dinge doen. Hulle hoereer, lieg en bedrieg en boonop moedig hulle mense wat verkeerd doen aan om daarmee vol te hou. ’n Mens sou eerder verwag het dat hulle mense sou aanmoedig om op te hou om verkeerd te doen. Hulle is niks beter as die mense van Sodom en Gomorra nie!” |