Jeremiah 23:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal hulle weg vir hulle wees soos gladde paaie in die duisternis; hulle sal verjaag word en daarin val; want Ek sal onheil oor hulle bring, die jaar van hulle besoeking, spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Daarom sal hulle lewenspaaie glad en donker wees. Hulle sal verjaag word op donker en verraderlike paaie waarop hulle sal val. Ek sal ellende oor hulle bring in die jaar van my straf, Ek, die Here, het dit gesê. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom sal hulle weg vir hulle wees soos glyerige plekke in die donkerheid; hulle sal neergestoot word en daarin val. Want Ek sal onheil oor hulle bring in die jaar van hulle besoeking, spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Daarom sal hulle pad glibberig word, hulle sal weggelei word na donker plekke toe, daar sal hulle val. Ek sal 'n ramp oor hulle bring wanneer Ek hulle straf, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Daarom sal hulle pad vir hulle word soos glibberige plekke in die donker; hulle sal gestamp word en daarop val. Want Ek bring onheil oor hulle in die jaar waarin daar van hulle rekenskap geëis word,” is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sal Ek hulle laat loop op gladde klippe, en hulle sal gly. Ek sal hulle instamp in donker plekke, en hulle sal val. Ja, Ek sal dit sleg laat gaan met hulle, Ek sal hulle straf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom sal dit met hulle gaan soos met iemand wat in die donker op gladde paaie moet loop. Hulle sal gedwing word om op donker roetes te stap. Omdat dit donker is, sal hulle val. Die tyd het aangebreek dat hulle gestraf gaan word. Ek sal sorg dat slegte dinge met hulle gebeur,” sê die Here. |