Jeremiah 23:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die land is vol egbrekers; want oor die eed treur die land; die lieflike plekke van die woestyn is opgedroog, en hulle loop is sleg, en hulle mag is nie reg nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die land is vol ontroue mense. Daar rus ’n vloek op die land, sodat die land in rou gedompel is en die weiding verdroog. Want die profete tree boos op en misbruik hulle mag. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die land is vol owerspelers; want die land treur weens die vloek, die weivelde van die woestyn verdor; ja, waar hulle na strewe, is sleg, en waar hulle hul krag in soek, onreg. |
| Afrikaans 1983 | Die land het vol mense geword wat hoereer; deur die vervloeking wat op die land rus, het hy verdroog, het die weiveld verdor. Die koers wat die profete inslaan, is verkeerd, hulle misbruik hulle mag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want van egbrekers is die land vol, ja, vanweë vervloeking verdor die land; die weivelde van die woestyn verdroog. Wat hulle najaag, is boosheid, en hulle krag lê in wat nie reg is nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want die hele land is vol mense wat afgode dien, ja, dit is hulle skuld dat die land droog geword het, en daarom is die veld waar die diere wei, nou 'n woestyn. Die profete doen slegte dinge, hulle dink hulle kan doen wat hulle wil omdat hulle sterk is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die land is vol mense wat dislojaal teenoor die Here is. Dit gaan nie goed in die land nie. Dit gaan eintlik treurig, want die weiding in die veld het verdroog. Die profete doen slegte dinge en misbruik hulle mag. |