Jeremiah 23:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wee die herders wat die skape van my weide vernietig en verstrooi! spreek die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here sê: “Dit sal sleg gaan met die leiers, die herders van my volk. Hulle het my mense wat hulle moes versorg, uitmekaar laat spat en laat afdwaal.”
Afrikaans 1933/1953 Wee die herders wat die skape van my weide laat omkom en hulle verstrooi, spreek die HERE.
Afrikaans 1983 Ellende wag vir julle, herders deur wie die skape uit my kudde doodgemaak en verstrooi word, sê die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wee die herders wat die kleinvee van my weiveld ten gronde laat gaan en hulle uitmekaarjaag,” is die uitspraak van die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Dit sal sleg gaan met die herders van die skape wat aan My behoort. Hierdie herders het die skape laat wegraak en hulle het die skape na al die kante toe gejaag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê: “Dit sal sleg gaan met die leiers van my mense. Hulle het nie mooi gekyk na die mense wat hulle moes versorg nie. Hulle was soos herders wat hulle skape verwaarloos het. Hulle het die mense uitmekaar laat spat en laat afdwaal.