Jeremiah 22:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Ek sal verwoesters teen jou berei, elkeen met sy wapens, en hulle sal jou uitgesoekte seders afkap en in die vuur gooi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek sal mense aanstel wat sal kom en dié plek met hulle gereedskap afbreek. Hulle sal die pragtige sederbalke uitruk en in die vuur gooi. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek sal verwoesters teen jou heilig, elkeen met sy wapens, en hulle sal jou beste seders afkap en in die vuur gooi. |
| Afrikaans 1983 | Ek wys mense aan om jou te vernietig, mense met hulle wapens. Hulle sal jou mooi sederbalke opkap en in die vuur gooi. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek sal stroperbendes volmag gee oor jou – elke man met sy wapens. Hulle sal die keur van jou seders afkap en in die vuur gooi. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek sal mense stuur om jou te verwoes, hulle sal kom met hulle byle en hulle sal jou mooi sederhout planke stukkend kap en in die vuur gooi. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal mense spesiaal aanstel wat sal kom en die plek met hulle gereedskap aftakel. Hulle sal die pragtige sederbalke uitruk en in die vuur gooi. |