Jeremiah 22:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want so sê die HERE aan die koning se huis van Juda: Jy is vir My Gílead en die Hoof van die Líbanon; tog sal Ek jou sekerlik 'n woestyn maak en stede wat onbewoon is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sê ook oor die koningshuis van Juda: “Jy is vir My soos vrugbare Gilead, soos die groen woude van Libanon. Maar Ek maak dit ’n woestyn, ’n stad sonder enige inwoners. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want so sê die HERE aangaande die huis van die koning van Juda: 'n G¡lead is jy vir My, die top van die L¡banon. Waarlik, Ek sal jou 'n woestyn maak, stede wat nie bewoon word nie! |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here oor die paleis in Juda: Jy is vir my Gilead, die Libanonkruin, maar Ek maak jou 'n woestyn, soos stede sonder inwoners. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Ja, so sê die Here oor die paleis van die koning van Juda: “Jy is vir my 'n Gilead, die kruin van die Libanon; maar Ek maak van jou 'n woestyn, en stede wat nie bewoon word nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, die Here sê oor die paleis van die koning van Juda: “Jy was vir My soos die land Gilead, soos die bome op die Libanon-berg, maar Ek sal jou laat word soos 'n woestyn waar niemand woon nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê ook oor die paleis: “Gilead is ’n vrugbare plek en die Libanonpieke staan hoog uit. So is die paleis van die koning van Juda vir My. ’n Plek waarop Ek trots is. Maar Ek sal die paleis verwoes en maak soos stede waarin daar geen enkele mens bly nie. |