Jeremiah 22:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want as julle hierdie ding werklik doen, dan sal daar deur die poorte van hierdie huis konings ingaan wat op die troon van Dawid sit en ry in strydwaens en op perde, hy en sy dienaars en sy volk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As julle doen wat Ek sê, sal daar altyd iemand uit Dawid se nageslag koning in Jerusalem wees. Die konings sal in koetse en op perde deur die paleis se hekke ry, saam met hulle amptenare en onderdane. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want as julle hierdie saak sorgvuldig doen, sal deur die poorte van hierdie huis konings ingaan wat op die troon van Dawid sit, wat op strydwaens en op perde ry, hy en sy dienaars en sy volk. |
| Afrikaans 1983 | As julle stiptelik volgens my woord lewe, sal konings wat op die Dawidstroon sit, deur die poorte van hierdie paleis kom en hulle sal op waens en perde ry, hulle en hulle amptenare en hulle volk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want as julle hierdie woord noukeurig uitvoer, sal konings wat as nageslag van Dawid op sy troon sit, wat op strydwaens en op perde ry, deur die poorte van hierdie paleis ingaan – die koning, sy amptenare en sy volk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As julle regtig reg doen, dan sal daar konings kom wat op die troon van Dawid regeer. Die konings en hulle amptenare en hulle mense sal deur die poorte van hierdie paleis kom en hulle sal op waens en perde ry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As julle gehoorsaam is en nie hierdie verkeerde dinge doen nie, sal daar altyd iemand uit Dawid se nageslag koning in Jerusalem wees. Die konings sal in koetse en op perde deur die paleis se hekke ry. Amptenare en die mense wat hulle help, sal saam met die konings ry. |