Jeremiah 22:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE: Skryf hierdie man kinderloos op, 'n man wat nie voorspoedig sal wees in sy dae nie; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is wat die Here sê: Teken dit aan dat hierdie man kinderloos is, want nie een van sy nageslag sal koning van Juda wees nie. Die koningslyn van Dawid sal hulle nie voortsit nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die HERE: Skryf hierdie man op as kinderloos, 'n man wat nie voorspoedig sal wees in sy dae nie; want dit sal niemand van sy geslag geluk om te sit op die troon van Dawid en nog oor Juda te heers nie. |
| Afrikaans 1983 | So sê die Here: Teken by die naam van hierdie man aan: 'n man sonder troonopvolger, 'n man wat in sy lewe niks sal bereik nie, want niemand van sy nageslag sal op die Dawidstroon sit nie, hy sal nie oor Juda regeer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê die Here: “Skryf hierdie man op as kinderloos, as 'n man wat nie sukses sal behaal in sy lewensdae nie; want uit sy nageslag sal niemand daarin slaag om op die troon van Dawid te sit en weer oor Juda te regeer nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Julle moet skryf: Hierdie man is soos iemand wat nie kinders het nie. Dit sal nie goed gaan met hom terwyl hy lewe nie, want nie een van sy seuns sal op die troon van Dawid kan sit en oor Juda regeer nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is wat die Here sê: “Maak ’n aantekening daarvan dat hierdie man Jojagin nie kinders gehad het nie. Ignoreer dit dat hy wel kinders het. Julle weet, nie een van sy kinders sal koning van Juda word nie. Dawid se koningslyn sal nie aangaan nie. Jojagin het misluk!” |