Jeremiah 22:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Is hierdie man Konia 'n veragte gebroke afgod? is hy 'n vaartuig waarin geen behae is nie? waarom word hulle uitgewerp, hy en sy nageslag, en in 'n land gewerp wat hulle nie ken nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hoekom is hierdie man Jojagin soos ’n stukkende kleipot wat almal dink niks werd is nie? Hoekom is hy en sy kinders weggevoer na ’n land wat hulle nie ken nie? |
| Afrikaans 1933/1953 | Is hierdie man Gonja 'n veragte, verbryselde voorwerp, of 'n ding waar 'n mens geen behae in het nie? Waarom is hy en sy geslag weggeslinger en weggewerp in 'n land wat hulle nie ken nie? |
| Afrikaans 1983 | Is hierdie man Jojagin 'n weggooiding, 'n gebreekte kleipot wat niemand wil hê nie? Waarom is hy en sy kinders dan weggegooi? Waarom is hulle gegooi in 'n land waarvan hulle nie tevore geweet het nie? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Is hierdie man, Gonja, 'n afgekeurde stuk erdewerk wat gebreek word, of 'n houer waarvan niemand hou nie? Waarom is hy en sy nageslag weggewerp, weggeslinger na 'n land wat hulle nie ken nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Is Jojagin soos 'n kleipot wat niemand wil hê nie? Hoekom het die Here vir Jojagin weggegooi in 'n land wat hy nie ken nie, vir Jojagin en sy nageslag? |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoekom is hierdie man Jojagin soos ’n stukkende kleipot wat niemand dink enigiets werd is nie? Hoekom sal hy en sy kinders uit hulle eie land weggejaag word na ’n vreemde land wat hulle nie ken nie? |