Jeremiah 22:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal jou gee in die hand van die wat jou lewe soek, en in die hand van die wie se aangesig jy vrees, in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en in die hand van die Chaldeërs.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek weet jy is bang vir hulle wat jou wil doodmaak. Ek sal jou aan hulle oorgee. Ek sal jou laat val in die hande van koning Nebukadnesar en die magtige Babiloniese leërs.
Afrikaans 1933/1953 en Ek sal jou gee in die hand van hulle wat jou lewe soek en in die hand van hulle vir wie jy bang is, naamlik in die hand van Nebukadr,sar, die koning van Babel, en in die hand van die Chaldeërs.
Afrikaans 1983 Ek sal jou uitlewer aan dié wat jou wil doodmaak, aan dié vir wie jy bang is: in die mag van koning Nebukadnesar van Babel en in die mag van die Galdeërs.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal jou oorgee in die hand van hulle wat jou lewe soek, in die hand van hulle vir wie jy bevrees is – in die hand van Nebukadresar, koning van Babilonië, en in die hand van die Galdeërs.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek gee jou vir koning Nebukadnesar van Babel en vir die Galdeërs. Hulle is die mense wat jou wil doodmaak, jy is bang vir hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek weet jy is bang vir koning Nebukadnesar van Babel en sy mense. Hulle wil jou graag doodmaak. Ek sal jou in hulle hande laat beland.