Jeremiah 22:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So waar as Ek leef, spreek die HERE, al was Konja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, die seëlring aan my regterhand, tog sou Ek jou daarvandaan uitruk;
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het vir koning Jojagin van Juda, seun van Jojakim gesê: “So seker as wat Ek lewe, Ek sal van jou ontslae raak. Al is jy soos ’n seëlring aan my vinger, Ek sal jou afpluk.
Afrikaans 1933/1953 So waar as Ek leef, spreek die HERE, al was Gonja, die seun van Jojakim, koning van Juda, 'n seëlring aan my regterhand, tog sal Ek jou daar afruk,
Afrikaans 1983 So seker as Ek leef, sê die Here, al was jy, koning Jojagin van Juda, seun van Jojakim, 'n seëlring aan my regterhand, Ek sal jou uitruk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ “So seker as wat Ek leef,” is die uitspraak van die Here, “al was Gonja, seun van Jojakim, koning van Juda, 'n seëlring aan my regterhand, sal Ek jou daar afruk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “So seker soos Ek lewe, koning Jojagin van Juda, seun van Jojakim, jy was vir My belangrik, jy was soos 'n seëlring aan my regter-hand, maar Ek sal jou afruk van my vinger.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het vir Jojagin, die seun van koning Jojakim van Juda, gesê: “So seker as wat Ek die lewende God is, Ek sal van jou ontslae raak. Al is jy soos ’n seëlring aan my vinger, Ek sal jou afpluk.