Jeremiah 22:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O inwoner van die Líbanon, wat jou nes maak in die seders, hoe genadig sal jy wees as pyn jou oorval, die pyn soos van 'n vrou wat baar! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | O inwoners van Libanon, julle woon tussen die seders. Maar binnekort sal julle gil van angs en vrees. Julle sal angs ervaar soos ’n vrou wat geboorte gee.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Jy wat sit op die L¡banon, vasgenestel in die seders -- hoe sal jy sug as weë oor jou kom, smart soos van een wat baar! |
| Afrikaans 1983 | Jy wat tussen die seders woon, wie se nes gemaak is van Libanonhout, jy sal kerm wanneer pyne jou tref, pyne soos van 'n vrou in kraam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “ Jy wat in die Libanon woon, wat in seders nesmaak, hoe sal jy bejammer word wanneer geboortepyne vir jou aanbreek, pyn soos 'n vrou wat geboorte gee! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy woon nou in 'n paleis van sederhout wat uit die Libanon-berg kom, maar jy sal baie seer kry en huil, jy sal skree soos 'n vrou wat 'n baba kry.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit mag vir jou baie lekker wees om in ’n paleis te bly wat met sederhout mooigemaak is. Maar dit sal nie lank so aanhou nie. Binnekort sal jy van angs en vrees gil. Dit sal net so voel soos ’n vrou se geboortepyne.” |