Jeremiah 22:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het met jou gespreek in jou voorspoed; maar jy het gesê: Ek wil nie hoor nie. Dit was jou manier van jou jeug af, dat jy nie na my stem geluister het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe jy voorspoed beleef het, het Ek jou probeer waarsku, maar jy het gesê: ‘Ek sal nie luister nie!’ Van kleintyd af was dit al jou ingesteldheid om nie na My te luister nie! |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek het met jou gespreek in jou sorgelose rus, maar jy het gesê: Ek wil nie luister nie. Dit was jou weg van jou jeug af, dat jy na my stem nie geluister het nie. |
| Afrikaans 1983 | Ek het jou gewaarsku toe jy nog gerus was, maar jy het gesê: “Ek sal nie luister nie.” Van jongs af was dit jou gewoonte om nie na My te luister nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het jou aangespreek toe jy sorgeloos was. Jy het gesê, ‘Ek sal nie luister nie.’ Dit was jou lewenspad van jou jeug af, dat jy nie na my stem geluister het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het met jou gepraat toe dit goed gegaan het met jou, maar jy het gesê jy sal nie luister nie. Jy was nie gehoorsaam aan My nie, vandat jy jonk was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe dit met jou goed gegaan het, het Ek jou probeer waarsku, maar jy het geweier om te luister. Van jou kleintyd af al was dit jou houding om nie na My te luister nie. |