Jeremiah 22:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Trek op na die Líbanon en roep; en verhef jou stem in Basan en roep uit die gange, want al jou minnaars is vernietig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Gaan op na die Libanon en skreeu, gaan roep uit in Basan, huil in die streke oos van die Jordaan, want al jou bondgenote is vernietig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Klim op die L¡banon en skreeu, en laat in Basan jou stem hoor, ja, skreeu van die gebergte Ab rim af, want al jou minnaars is verbreek. |
| Afrikaans 1983 | Gaan Libanon toe en vra hulp, roep hard by Basan, vra hulp by Abarim, want al jou helpers is vernietig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “Bestyg die Libanon, roep om hulp, roep hard in Basan! Roep om hulp vanaf die Abarim-hoogland, want al jou minnaars is verpletter. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê vir koning Jojakim: “Jy moet opklim teen die Libanon-berg en jy moet huil, jy moet hard skree in die land Basan, jy moet gaan staan op die Abarim-berge en vra iemand moet jou help, want daar het niemand oorgebly nie, almal vir wie jy lief was, is dood. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Huil, want almal op wie jy gereken het om julle te help, is weg. Gaan roep maar na hulle in Libanon. Gaan na Basan en skree hard. Gaan roep na hulle van die berge van Moab af. Dit sal niks help nie, want hulle is almal verpletter. |