Jeremiah 22:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, so sê die HERE aangaande Jójakim, die seun van Josia, die koning van Juda; Hulle mag nie oor hom rou en sê: Ag, my broer! of, Ag suster! hulle mag nie oor hom kerm en sê: Ag, heer! of: Ag sy heerlikheid! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom sê die Here oor koning Josia se seun Jojakim, koning van Juda: “Sy familie sal nie oor hom huil wanneer hy doodgaan nie. En sy onderdane sal nie eers omgee dat hy dood is nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom sê die HERE so van Jojakim, die seun van Jos¡a, koning van Juda: Hulle sal hom nie beklaag met: Ag, my broer! of ag, suster! nie. Hulle sal hom nie beklaag met: Ag, heer! of -- ag, majesteit! nie. |
| Afrikaans 1983 | Daarom, so sê die Here vir koning Jojakim van Juda, seun van Josia: Hulle sal nie oor jou treur en sê: “Ag, hoe jammer, my broer, ag, hoe jammer, my suster!” nie. Hulle sal nie oor jou treur en sê: “Ag, ons koning, ag, sy majesteit!” nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “Daarom,” so sê die Here oor Jojakim, seun van Josia, die koning van Juda, “Hulle sal nie vir hom die klaaglied ‘Helaas, my broer! Helaas, my suster!’ aanhef nie. Hulle sal nie vir hom die klaaglied ‘Helaas, my heer! Helaas, majesteit!’ aanhef nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê oor Jojakim seun van koning Josia van Juda: “Daarom sal Jojakim se familie nie oor hom rou nie en die mense oor wie hy regeer, sal nie oor hom rou nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom sê die Here oor koning Josia se seun Jojakim: “Sy familie sal nie geskok uitroep en oor hom huil nie. Die mense van Juda sal ook nie oor hulle koning treur nie. |