Jeremiah 22:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar jou oë en jou hart is nie net vir jou hebsug en om onskuldige bloed te vergiet en vir verdrukking en geweld om dit te doen nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maar nie jy nie! Jy wou net altyd kyk wat jy op ’n oneerlike manier in die hande kan kry! Jy het onskuldige mense vermoor of met geweld onderdruk.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar jou oë en jou hart is net op jou onregverdige wins en op onskuldige bloed, om dit te vergiet, en op verdrukking en afpersing, om dit uit te voer. |
| Afrikaans 1983 | Maar jy is net daarop uit om jou te verryk ten koste van ander, jy kyk net waar jy mense onskuldig kan doodmaak, waar jy kan verdruk en afpers. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Maar jou oë en jou hart is gerig op niks anders as jou onregverdige wins nie, en op die bloed van die onskuldige – om dit te vergiet, en op onderdrukking en afpersing – om dit uit te voer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Maar jy, Jojakim, jy wil alles hê wat jy sien, jy laat onskuldige mense sterf, jy vat alles wat jy wil hê en jy verdruk die mense.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar nie jy nie, Jojakim! Jy wou net altyd kyk wat jy in die hande kan kry om ryk te word. Jy gee nie eens om of dit op ’n oneerlike manier gebeur nie. Jy het onskuldige mense vermoor. Verder het jy mense uitgebuit wat arm is. Ander het jy afgepers.” |