Jeremiah 22:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het die regsaak van die armes en behoeftiges reggestel; dan was dit goed met hom: was dit nie om my te ken nie? spreek die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het gesorg vir arm en behoeftige mense, dat hulle regverdige behandeling kry. Daarom het dit met hom goed gegaan. Is dit nie wat dit beteken om My te ken nie?” vra die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het reg verskaf aan die ellendige en behoeftige; toe het dit goed gegaan. Is dit nie My erken nie? spreek die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die saak behartig van die swakke en die arme, en dit het goed gegaan. Wie hierdie dinge doen, dien My, sê die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die reg van magteloses en behoeftiges gehandhaaf – toe het dit goed gegaan. Is dit nie wat dit is om My te ken nie?” ’ is die uitspraak van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het reg gedoen aan arm mense, mense wat hulleself nie kon help nie. Toe het dit goed gegaan. Dit wys dat hy geweet het wie Ek is.” Dit sê die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het altyd gesorg dat arm en behoeftige mense regverdig behandel word. Daarom het dit met hom goed gegaan. Deur dinge so te doen het hy gewys hy verstaan wat vir My belangrik is. |