Jeremiah 22:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sal jy regeer omdat jy jou in sederhout toemaak? het jou vader nie geëet en gedrink en reg en geregtigheid gedoen en dit dan goed met hom gegaan nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maak dit van jou ’n koning omdat jy baie sederhout het? Jou pa het niks geskort nie, want hy was altyd eerlik en regverdig. Daarom het dit goed gegaan met hom. |
| Afrikaans 1933/1953 | Is jy 'n koning, omdat jy wedywer in sederhout? Het jou vader nie geëet en gedrink en reg en geregtigheid gedoen nie? Toe het dit goed met hom gegaan. |
| Afrikaans 1983 | Maak dit van jou 'n koning as jy jou inspan vir meer sederhout? Jou pa het geëet en gedrink, hy het reg laat geskied en reg gedoen en dit het goed gegaan met hom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Is jy 'n koning omdat jy meeding in die gebruik van sederhout? Jou vader, het hy nie maar net geëet en gedrink, en reg en geregtigheid beoefen nie? Toe het dit met hom goed gegaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jojakim, dink jy dat jy 'n koning is omdat jy hou van baie sederhout? Jou pa het elke dag geëet en gedrink, en hy het ook elke dag reg gedoen aan mense, en dit het goed gegaan met hom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die vraag is: Maak dit van jou ’n beter koning as jou paleis mooier is en meer sederhout as ander het? Hoekom was jou pa, Josia, so ’n suksesvolle koning? Dit was omdat hy soos ’n normale mens gelewe het en altyd eerlik en regverdig was. |