Jeremiah 22:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) wat sê: Ek sal vir my 'n wye huis en groot kamers bou en vir hom vensters uitsny; en dit is met sederhout bedek en met vermiljoen geverf.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sê: ‘Ek sal vir my ’n spogpaleis bou met groot kamers en baie vensters, panele van sederhout, en die huis rooi verf.’
Afrikaans 1933/1953 wat sê: Ek sal vir my 'n groot huis bou en ruim dakkamers -- en hy bou vir hom sy vensters in; en hy oordek dit met sederhout en bestryk dit met rooiminie.
Afrikaans 1983 Ellende wag vir hom wat sê: “Ek wil my huis groot maak, sy bokamers moet ruim wees.” Hy breek vir hom groot vensters uit, sit vir hom panele in van sederhout en verf sy huis rooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) wat sê, ‘Ek bou vir my 'n ruim paleis met lugtige bokamers;’ en dan vir hom sy vensters uitbreek, wat oorgetrek word met sederhout, helderrooi gekleur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy sê hy wil 'n groot paleis bou met bo-kamers, die wind moet daardeur waai. Hy sit vensters in, hy maak die mure toe met sederhout en hy verf dit rooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sê: ‘Ek sal vir my ’n spoggerige paleis met groot kamers en baie vensters bou. Die vertrekke beslaan ek met sederhout en verf dit rooi.’