Jeremiah 22:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want so sê die HERE aangaande Sallum, die seun van Josía, die koning van Juda, wat in die plek van sy vader Josía geregeer het, wat uit hierdie plek uitgetrek het; Hy sal nie meer daarheen terugkeer nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Eers was Josia koning van Juda. Sy seun Joahas het hom opgevolg, maar hulle het hom hiervandaan weggevoer. Die Here sê: “Hy sal nooit weer hierheen terugkom nie.
Afrikaans 1933/1953 Want so sê die HERE aangaande Sallum, die seun van Jos¡a, die koning van Juda, wat in die plek van sy vader Jos¡a geregeer het, wat uit hierdie plek uitgegaan het: Hy sal daar nie meer terugkom nie;
Afrikaans 1983 So sê die Here oor koning Sallum van Juda, seun van Josia, wat koning geword het in die plek van Josia, sy pa, maar wat van hierdie plek af weggegaan het: Hy sal nooit hierheen terugkom nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ ‘ Ja, so sê die Here oor Sallum, seun van Josia, die koning van Juda, wat in die plek van sy vader Josia koning geword en van hierdie plek af weggegaan het: “Hy sal nie weer terugkeer nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Want die Here sê oor Sallum, seun van koning Josia van Juda: “Sallum het weggegaan van hier en hy sal nie hiernatoe terugkom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Eers was koning Josia koning. Hy is toe opgevolg deur sy seun Joahas. Joahas is gevang en uit sy land weggevat na ’n ander land. Die Here sê van hom: “Hy sal nooit weer terugkom nie.