Jeremiah 22:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ween nie oor die dooie nie, en betreur hom nie; maar ween hewig oor hom wat weggaan, want hy sal nie meer terugkeer en sy geboorteland nie sien nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moenie oor koning Josia hartseer wees omdat hy dood is nie. Moet ook nie oor hom huil nie, maar huil liewer oor koning Joahas wat uit sy land weggevat is! Want hy sal nooit weer terugkom nie. Hy sal sy geboorteland nooit weer sien nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ween nie oor die dooie en beklaag hom nie; ween liewer oor hom wat heengegaan het, want hy sal nie meer terugkom nie en die land van sy geboorte nie sien nie. |
| Afrikaans 1983 | Moenie huil oor die koning wat dood is nie, moenie oor hom rou nie. Huil, ja, huil oor hom wat in ballingskap is, want hy sal nie terugkom nie, hy sal nie weer sy geboorteland sien nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘ “ Julle moenie huil oor die dooie nie, en moenie oor hom meegevoel betuig nie. Huil bitterlik oor hom wat weggegaan het; want hy sal nie weer terugkom nie, en nie weer sy geboorteland sien nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moenie huil oor die koning wat dood is nie, julle moenie oor hom rou nie. Julle moet huil oor die koning wat moes weggaan, want hy sal nie terugkom nie, hy sal die land nie weer sien nie, die land waar hy gebore is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie hartseer oor koning Josia wees nie. Moet ook nie oor hom huil nie. Huil liewer oor koning Joahas wat deur sy vyand uit sy land uit weggevat is. Hy sal nooit weer terugkom nie. Sy geboorteland sal hy nooit weer sien nie. |