Jeremiah 21:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy wat in hierdie stad bly, sal sterwe deur die swaard en deur die hongersnood en deur die pes; maar hy wat uitgaan en val na die Chaldeërs wat julle beleër, hy sal lewe, en sy lewe sal vir hom wees prooi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mense wat kies om in hierdie stad te bly, sal óf in gevegte óf van siekte óf van honger doodgaan. Maar wie uitgaan en hulle aan die Babiloniërs oorgee, sal bly lewe. |
| Afrikaans 1933/1953 | hy wat in hierdie stad bly, sal sterwe deur die swaard of die hongersnood of die pes; maar hy wat uitgaan en oorloop na die Chaldeërs wat julle beleër, sal lewe, en sy lewe sal vir hom 'n buit wees. |
| Afrikaans 1983 | Wie in hierdie stad bly, sal sterf, deur die swaard of deur hongersnood of deur pes. Wie uitgaan en na die Galdeërs toe oorloop deur wie julle beleër word, sal lewe, al sal hy net met sy lewe daarvan afkom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die een wat in hierdie stad bly, sal deur die swaard of honger of die epidemie sterf, maar hy wat uitgaan en oorloop na die Galdeërs wat julle beleër, sal leef. Sy lewe sal hy vir homself as buit behou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Almal wat in hierdie stad bly, sal sterf. Die vyande sal julle doodmaak of julle sal sterf van pes of van honger. Maar elkeen wat uit die stad gaan en na die Galdeërs toe gaan wat rondom die stad is, hy sal aanhou lewe. Hy sal niks anders hê nie, maar hy sal lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense wat kies om in Jerusalem te bly sal óf in gevegte óf van die siekte-epidemie óf van die honger doodgaan. Maar wie kies om uit die stad te gaan en hulle aan die Babiloniërs oor te gee, sal bly lewe. |